HTS Middelburg se ondersteunersklub

Elke rand en elke hand tel.

Oor die Rooies Bond

Die mense agter HTS Middelburg.

Ons dien vir ons kinders.

Wie ons is

Die Rooies Bond is HTS Middelburg se ondersteunersklub. Ons bind die HTS-gemeenskap saam: huidige en oud-leerders, ouers, personeel en almal in Middelburg wat rooi bloed het.

Al die geld uit verkope en borgskappe gaan na die skool: na kultuur, akademie en sport, en na projekte wat die terrein en geboue verbeter.

Wie kan aansluit?

  • Huidige ouers
  • Oud-leerders van HTS Middelburg
  • Voormalige ouers
  • Personeel
  • Gemeenskapslede met ‘n sterk band met die skool
HTS Middelburg-rugby

“Elke rand en elke hand tel!”

Vrae? Kontak Ans Hall (074 116 2720), Natascha Olds (082 333 8547) of stuur ‘n e-pos na admin@rooiesbond.co.za.