
Trots op ons rooi
Ons dien vir ons kinders.
Word deel van die Rooies Bond, die mense agter HTS Middelburg. Vier saam, ondersteun saam en bou saam aan ons skool se toekoms.

R300jaarlikse ledegeld
GRATIStoegang tot alle tuissport
ROOIBUL HOEKvoorrang vir lede
Die Bond
Een gemeenskap. Een rooi hart.
Huidige ouers, oud-leerders, voormalige ouers, personeel en gemeenskapslede: as jou bloed rooi is, hoort jy hier. Jou lidmaatskap help om kultuur, akademie en sport by HTS Middelburg te versterk.
“Elke rand en elke hand tel!”
Die Rooies Bond bring ondersteuners bymekaar en help met skoolprojekte, geleenthede en behoeftige leerders. Al die geld uit verkope en borgskappe gaan na die skool.
Ons dien vir ons kinders
Lidmaatskap
Meer as net ‘n lidmaatskap.
Sluit aan by die gees, die geleenthede en die mense wat ons skool dra.
01
Lapelwapen
Jou eie Rooies Bond-lapelwapen, elke jaar saam met jou lidmaatskap.
02
Spesiale geleenthede
Uitnodigings na Rooies Bond-funksies en ondersteunersgeleenthede.
03
Tuissport
Gratis toegang tot al HTS se tuisbyeenkomste.
04
Rooibul Hoek
Voorrang tot die Rooibul Hoek, die lede-area by sport en geleenthede.
Sluit aan
Jou plek in die Rooies-familie.
Lidmaatskap kos R300 per jaar. Dit is maklik:
1Vul jou besonderhede in.
2Betaal R300 aanlyn of per EFT.
3Ontvang jou lidnommer en lapelwapen.
Vrae? admin@rooiesbond.co.za · Ans Hall 074 116 2720 · Natascha Olds 082 333 8547

Rooi tot in die hart
Ons mense, ons trots.




Die Rooies Bond-winkel
Dra die rooi. Wys jou trots.
Truie, gholfhemde, reisbekers en meer vir die hele Rooies-gemeenskap. Bestel aanlyn en haal by die skool af.
Jou ondersteuning in aksie
Dit maak ‘n verskil.
103provinsiale spanleerders het sakgeld ontvang.
SportVloedligte by die Astro, die krieketpaviljoen, die spelerstonnel en kleedkamers by die stadion.
LeerdersReiskoste vir behoeftige leerders, sporttoerusting deur borge, en hulp met skoolprojekte.
Ons het jou as lid nodig.
Elke rand en elke hand tel.